Francois & Rachelle, Wedding Photographer, Photographer in Nelspruit
Francois & Rachelle Wedding
13th August 2019
Wedding Photography, Portrait photography, lifestyle photography, photographer in nelspruit
Yolandi – Styled Deep Red Session
17th May 2019
Show all
Lifestyle Photography. Children Photography, Styled Session, Photographer in Nelspruit

Die Grootmaak van n “Wild Child”



Die Engelse Woordeboek definieer die term Wild Child soos volg - “A wild child is a young person who is considered high spirited and fearlessly reckless, likely to act spontaneously, often doing things they might later regret.”

Nou ja, indien ek gewonder of my jongste dalk so neiging het, het hierdie definisie dit vir my hard en duidelik bevestig... Lyha is my “Wild Child”! Ek dink dis veilig om te sê, hierdie stuk is “Based on a true story.."

Ek is seker daar is talle mammas wat met my sal saamstem dat selfs toe daardie lyfie net n paar weke of selfs net n paar dae oud was, het díe gedagte reeds by jou opgekom – “Ooo jong, hierdie een gaan n ander enetjie wees...”

Ek is vas oortuig dat elkeen van hierdie “Wild Child” kinders met n sekere geen gebore word – kom ons noem dit maar die “Wilder-as-die-Wildtuin”-geen. Dit is juis hierdie geen wat my op die ouderdom van 27 al meer as een grys haar gegee het. Hierdie Wilder-as-die-Wildtuin geen bevat eienskappe soos hardkoppigheid, kreatiwiteit, selfstandigheid, avontuurlustig wees, GEEN vrese, en natuurlik die FOMO eienskap. (vir die wat nie weet nie.....FOMO-Fear Of Missing Out)

Elke dag as ouer het n uitdaging geword en terselfde tyd n avontuur. Die manier hoe hierdie karakters die wereld sien en hanteer verskil totaal van hoe ons as ouers dinge sien en hanteer. Waar ek n bad met water sien waarin Lyha haarself moet bad sien sy dit as n swembad waarin sy sewe “laps” rugslag kan doen. Waar ek n bed sien waarin sy rustig kan gaan slaap, sien sy n springmat waarop sy haar gimnastiek kan oefen. Ek sien n heerlike bord kos, Lyha sien n “Eat as much as you can as fast as you can” kompetisie. En so kan ek aangaan.

Hierdie mensies is karakters wat uiters braaf is. Hulle sien elke dag as n uitdaging om nuwe dinge te probeer. Hulle leuse in die lewe is “Beproef alles en behou die goeie”. Hulle wilskrag en kreatiwiteit oorskry alle perke. Grense word op n daaglike basis getoets, en met dit tesame word daar op n daaglikse basis op spiere van my gewerk wat ek nie eers geweet het bestaan nie.

Daar is tog n paar lesse wat ons as ouers by die klein mensies kan leer. Wees wie jy is en glo in jouself en moet nie jou steur aan wat die wereld moontlik van jou mag dink nie. Moet nooit ingee aan wereld se standaarde nie. Staan op vir dit waarin jy glo. Hou aan droom en onthou jy kan nooit te groot droom nie. Moet nooit die kind in jou laat uitsterf nie, bly altyd kind en sien die wereld deur die oë van n kind.

Feit is, hulle is n geskenk van Bo en n absolute avontuur om groot te maak. Hulle is elkeen spesiaal uitgekies om deur ons grootgemaak te word en dis ons plig om hulle met die regte beginsels en waardes die wereld in te stuur. Dit is hierdie kiddies wat die wereld gaan verander.

Terloops... daardie “Wilder-as-die-Wildtuin”-geen moet van iewers af kom... Hetsy mamma of pappa....